top of page

ART-E-MOTION VERWYSINGS

Gerrie en Rina, Irene, Pretoria

Ons het gedurende die afgelope jaar of wat verskeie onderhandelings gehad met Pieter de Swardt van Art- e-Motion vir die aankoop van skilderye deur professionele kunstenaars. Nie net was sy diens uiters professioneel nie maar sy kennis van die fynere kunste bedryf waarin hy spesialiseer, spreek boekdele. Die aanbevelings wat Pieter maak is sinvol en ek kan hom net komplimenteer op sy ooredingsvermoe en hulpvaardigheid. Geen moeite was ontsien deur hom om ons as kliente se behoeftes te akkommodeer nie en ons kan sonder twyfel vir hom en Art-e-Motion aanbeveel.

Roelof, Centurion, Pretoria

​I have bought multiple paintings from Art-e-Motion.  The personnel is very friendly and helpful. Pieter has come to my residence on more than one occasion and showed me options in paintings, provided good advice, and helped in hanging the art pieces.  He is always willing to go the extra mile. Thanks.

Willemien, Centurion, Pretoria

Pieter. Wil net vir jou baie baie dankie se vir die uitstekende diens wat ek by jou gekry het rakende die skilderye wat ek aangeskaf het.  Jy het nie net die skilderye aan my verkoop nie, maar vir my goeie raad gegee oor waar die skilderye die mooiste gaan lyk!  My plek lyk fantasties!  Baie dankie.  Ek sal jou met groot liefde aan enige iemand aanbeveel.

Dr Connie, Lyttleton, Pretoria

Pieter, I want to express my sincere gratitude to you and your staff for the manner you assisted me in making a dream come true.  For many years I wished to enjoy my own personalized painting from one of my favorite artists.  A few weeks ago, you assisted me in realizing this dream.  You consulted with the artist and more so negotiated a special price.  But it did not stop there, you further assisted in-home delivery of the painting and even offered your help in finding the best place and hanging the painting (without additional costs).  But again, it did not end there, you follow-up to ensure my satisfaction with the painting and your own service delivery.  Thank you for the excellent professional service rendered by yourself and your company! Warm wishes.

Cobus en Leanie, Rietvlei Ridge, Pretoria

Ek en my vrou het tot ‘n mate uiteenlopende smaak as dit by kuns kom. Gevolglik het ons die afgelope 6 maande verskeie kunsgallerye besoek beide in Pretoria en Johannesburg op soek na iets waarvan ons albei hou.
Van al die gallerye was Pieter de Swart van Art-e-Motion die enigste party wat beloftes nagekom het met opvolg oproepe en die beloofde stukke vir ons in ons huis kom ten toon stel het. Tydens die besoek het hy nie net kunswerke gebring waarvoor ons gevra het nie maar ook verskeie ander stukke van dieselfde en ander kunstenaars wat ons keuses net soveel makliker gemaak het. Pieter het ook direkte kontak met die kunstenaars of hulle agente wat dit moontlik gemaak het om verskillende groottes van soortgelyke toenele op kort kennisgewing na ure te kon reel. Pieter se raad en aanbevelings het nuwe lig en lewe in ons vertrekke ingebring en sal hom ten sterkste aanbeveel as adviseur.

bottom of page