top of page

OOR- ONS

Art-e-Motion bied aan ons kliënte 'n unieke versameling van oorspronklike Suid-Afrikaanse kuns, beeldhouwerke en skilderye.  Ons doen raamwerk en het ook 'n wye reeks geraamde spieëls wat aangebied word.

ONS SRORIE

Ons Stal-uit oorspronklike Suid-Afrikaanse kuns sedert 1992. Ons versameling spog met buitengewone werk van vooraanstaande en wêreldbekende kunstenaars. Ons onderskei ons-self met 'n mobiele kunsgalery en persoonlike diens. Ons doel is om hierdie pragtige werke binne ons kliënte se bereik te plaas. Ons unieke versameling sal die huis of kantoor transformeer. By Art-e-Motion is ons trots op die kwaliteit van werk wat ons verkoop en ons waardetoegevoegde dienste. Ons kies net die beste kunswerk. Ons verskaf beleggingskuns op aanvraag. Ons dra ook kwaliteit kunswerke deur talentvolle hand uitgesoekte opkomende kunstenaars om hulle 'n kans te gee om hul werk te bevorder.

artwork-32.jpg
IMG_5967PORT1-1-300x300.jpg

Professionele advies

Ons stal permanent in die groot winkelsentrums in Pretoria uit. Ons is aktief in die Johannesburg en Pretoria gebiede. Wanneer 'n potensiële klant belangstelling toon, sal ons die kunswerke na hul huis of kantoor neem. Dit gee hulle die geleentheid om die werk in die beoogde omgewing te sien voordat 'n finale besluit geneem word. Ons bied professionele advies oor plasing en raamwerk van alle kunswerke. Die meeste van ons kunswerke is reeds geraam maar as jy die rame wil verander, sal ons jou met graagte adviseer oor die beste besluit. Ons het ook 'n pragtige verskeidenheid beeldhouwerk wat deur verskeie kunstenaars gedoen is.

Ons missie

Ons is al meer as 20 jaar in besigheid. Ons sterk fokus op kliëntediens verseker dat ons ons kliënte uitsonderlike langtermynwaarde kan bied. Dit verseker ook dat ons elke kliënt van persoonlike diens kan voorsien.

bottom of page